GEORGE NUUS - 'n Ongeluk het vanmiddag by die lughawe-kruising plaasgevind.
Die ongeluk het omstreeks 13:00 plaasgevind toe 'n wit Toyota Camry en 'n swaar vragmotor in 'n botsing betrokke was.
Die ligte voertuig, met 'n NC-registrasie, was van suid na noord op die R404 onderweg en die swaar vragmotor van oos na wes op die R102.
Minstens 3 mense is beseer en is na 'n plaaslike hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek die voorval en die paaie is oop vir verkeer.
Verkeersowerhede doen 'n beroep op padgebruikers om versigtig en met geduld te bestuur.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'