GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua het weer hul borge met ’n ontbyt by die Kwagga Cuisine bedank.
Die borge het 'n breë spektrum items en geleenthede geborg, vanaf sportdrag, toernooie en toerusting tot fondsinsamelingprojekte van die skool en Kwagga Trust.
Die skoolhoof, Christo Vorster, het namens die personeel, leerders, ouers asook die beheerliggaam en Kwagga Trust, borge geloof vir hul lojaliteit en volgehoue ondersteuning aan die Kwaggas.
Instansies wat graag by die skool betrokke wil raak, kan die bemarkingskantoor kontak by 083 632 6657 / bemarking@outeniqua.co.za.
Die hoofborg van die 2022 Borge-ontbyt by Hoërskool Outeniqua, was Akademia. Van links is Lizan Maree (bestuurder studentewerwing) en Johan Lubbe (studentewerwer Oos-Kaap - albei van Akademia), Charné Faure (alumnus van Akademia en oud-Kwagga van die 2016-matriekklas) en Christo Vorster (skoolhoof).
Hoërskool Outeniqua is baie dankbaar teenoor al die borge wat die skool so lojaal ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'