RIVERSDAL NUUS - Die gemeenskap en leerders van Hoër Landbouskool Oakdale is in rou na die tragiese dood van een van hul gr. 10-leerders, Ruben Bezuidenhout, wat die naweek in ’n motorongeluk gesterf het.
Volgens die skoolhoof, Willem du Buisson, het Ruben die naweek by ’n vriend op ’n plaas naby Bloemfontein gaan kuier toe die noodlottige ongeluk op Saterdag plaasgevind het.
“Ruben was ’n baie betrokke leerder, een van die skool se top-20-akademiese presteerders, en het aktief aan sport deelgeneem, met ’n besondere passie vir rugby,” het Du Buisson aan Suid-Kaap Forum gesê.
Die skoolgemeenskap is diep geraak deur sy skielike dood.
“Ons betreur hierdie hartseer voorval en wens sy ouers, familie en vriende alle sterkte en troos toe in hierdie moeilike tyd,” het Du Buisson bygevoeg.
Ruben se lewenslus, toewyding en deelname aan die skoollewe gaan gemis word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’