Update
TUINROETE NUUS - Die verhoor van vier mans van George in die transitoroofsaak waartydens 'n sekerheidswag op 19 Julie verlede jaar by 'n vulstasie in Bridgton van sy vuurwapen en R86 000 kontant beroof is, kon Donderdag weer nie begin nie.
Dié keer omdat een van die beskuldigdes aangedui het dat sy weergawe verskil van sy medebeskuldigdes.
Simphiwe Matwa, Masixole Dolomba, Lwandiso Lento en Sakhele Nkabi, 'n weermagkaptein, staan tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie asook die onwettige besit van 'n ongemagtigde vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is.
Streeklanddros Ntsoki Moni het met hul vorige verskyning gelas dat Matwa, Dolomba en Nkabi, wat toe nog nie regsverteenwoordiging gehad het nie, van regshulp gebruik moet maak omdat die saak onnodig lank sloer.
Die saak is tot 25 Augustus vir regshulp vir Nkabi uitgestel omdat hy nie saamstem met Matwa en Dolombo se weergawes nie en hulle dus nie deur die dieselfde regsverteenwoordiger verdedig kan word nie.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het die hof meegedeel dat die staat gereed is om met die verhoor te begin.
Vorige artikels:
- Vermeende transitorowers wil appelleer
- Transitoroof: Borgtog aan al 4 geweir
- Transitoroof: Saak weens Covid uitgestel
- Transitoroof: Saak vir uitspraak uitgestel
- Borgtogaansoek op 17 Augustus voort
- Beweerde transitorowers voor vir borgtogaansoek
- Weermag kaptein doen in Augustus aansoek om borgtog
- Oudtshoorn soldier 4th suspect in heist
- Opvolg: Gesteelde geld teruggevind
- Rowers teiken geldwa
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'