Update
GEORGE NUUS - Waarnemende munisipale bestuurder, Walter Hendricks, amptenare en lede van die George-raad het pas by 'n gemeenskapsaaltjie in New Dawn Park met inwoners vergader.
Emosies het hoog geloop toe inwoners besef die afgevaardigdes wil om 'n tafel sit en praat.
Die skare is uiteindelik buite toegespreek.
Wyksraadslid Cecil Noble het hulle die versekering gegee dat hy vir sy wyk omgee en hulle belange op die hart dra.
Die skare was baie ontevrede dat burgemeester Melvin Naik en munisipale bestuurder Trevor Botha nie die vergadering bygewoon het nie.
Daar was 'n kortstondige woordewisseling tussen Theresa Fortuin, 'n Icosa- raadslid, en 'n lid van die EFF, Zinnia Malitie. PBI raadslid Virgill Gericke het op 'n stadium die gemoedere probeer kalmeer.
Die amptenary het onderneem om die gemeenskap volgende Vrydag om 12:00 weer toe te spreek en antwoorde op hul vrae te gee.
Die gemeenskapleier Daleen Valentine het onder meer gesê hulle is keelvol vir die munisipaliteit se lang praatjies en dat dit nie meer tyd is om om 'n tafel te sit nie, maar om dinge te doen.
Die skare het verdaag en die amptenary en George-raadslede het verder in die saaltjie vergader.
Amptenare en raadslede vergader kortliks in n saaltjie by New Dawn Park. Icosa-raadslid van die Garden Route-distriksmunisipaliteit en 'n inwoner van New Dawn Park, Theresa Fortuin (links) het gesê die gemeenskap weier om om 'n tafel te sit terwyl die burgemeester en munisipale bestuurder afwesig is.
Lees 'n vorige artikel: Opvolg: Raadslid spreek betogers toe
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'