GEORGE NUUS - Kinders, ouers én onderwysers is met 'n huppel in hul stap huis toe ná 'n toonaangewende aand vol akkoorde en kreatiwiteit.
Laerskool Outeniqua se afskopkonsert verlede Donderdag, 5 Maart, het almal in die gehoor herinner aan die groot rol wat musiek en kuns in dié skool se kultuur speel.
Van die eerste note af was dit duidelik dat die aand iets besonders sou wees.
Kinders het gewys wat hulle in 'n kort tydjie kon vermag, gegrond op jare se toewyding van beide die skool en die leerders, om die kulturele vlag hoog te hou.
Die junior- en seniorkoor, onder leiding van Philip Marais en Amanda Hattingh, het met hul pragtige sang beïndruk.
Die program is verder verryk deur verskeie musiekoptredes, drama-items en die energieke marimba-orkes.
Wat 'n heerlike manier om die jaar af te skop!
Die koorsang is altyd 'n wenner. Hier is die seniorkoor in aksie.
Die energieke marimba-orkes: Johan Brink, Carl Roos, Ruben Crause, Alex Pretorius, Stef Bezuidenhout, Rupert Human, Pierre Myburgh, Leon Marais, Eben Jordaan, Ernan Human, Kieran Opperman en Philip du Plessis saam met Selma Janse van Rensburg.