GEORGE NUUSFLITS - Twee vroue is gisteraand met ernstige beserings hospitaal toe geneem na 'n motorongeluk in Beachweg, Pacaltsdorp.
Die oorsaak van die ongeluk, wat by die Rosedale/Delvillepark-verkeerslig plaasgevind het, is nog onbekend. Slegs een voertuig, 'n rooi Mazda, was in die voorval betrokke.
'n Derde insittende het slegs ligte beserings opgedoen.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'