GEORGE NUUS - 'n Motorfietsryer is Saterdagmiddag, 20 Junie, met matige beserings na die hospitaal geneem, ná hy met 'n Nissan-bakkie by die verkeerslig by die Garden Route Mall (GRM), gebots het.
Volgens inligting was albei voertuie onderweg na die winkelsentrum toe die bakkie, wat uit die rigting van George gekom het voor die motorfiets, wat uit die rigting van Kraaibosch Manor gekom het, inry.
Die man op die motorfiets het onder andere 'n sleutelbeen gebreek en beserings aan sy voete opgedoen. Eden911-paramedici was op die toneel en het hom vir sy beserings op die tonneel behandel waarna hulle hom na die hospitaal vervoer het.
Metro-ambulansdienste en die plaaslike polisie het bystand gebied. Geen ander beserings is aangemeld nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'