GEORGE NUUS - Die Môreson Kinder- en Jeugsorgsentrum het die funksies wat hulle as deel van hul Eeufees sou aanbied, weens die grendeltyd gekanselleer.
Die sentrum het beplan om op 2 Mei 'n Eeufees-basaar aan te bied, op 17 Julie 'n Kerrie-en-Sjerriegeleentheid asook 'n Eeufees-gala-aand op 29 Augustus.
"Ons voel dat dit die in die huidige omstandighede die veiligste sal wees om hierdie funksies uit te stel tot verdere kennisgewing. Dit sal hoogs waarskynlik eers in 2021 plaasvind. Dit is vir ons regtig baie hartseer, aangesien ons geweldig baie uitgesien het na ons Eeufees-vieringe en daar was al soveel beplanning en verwagting rondom hierdie geleenthede," het die bestuurder, Ronell Lindholm, gesê
Mense kan hulle op sosiale media volg vir verdere inligting en om presies te sien wanneer die geleenthede plaasvind.
'Ons bring jou die nuuste George, Tuinroete nuus'