GEORGE NUUS - Die polisie ondersoek die moord van ‘n jong man in Andersonville, Pacaltsdorp, wat tydens ‘n onderonsie Saterdag 29 Mei met ‘n mes doodgesteek is.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, toon ‘n voorlopige ondersoek dat daar ‘n onderonsie was tydens ‘n partytjie by ‘n huis in Valksingel.
“Die omstandighede rondom die moord en die beserings van die verdagte (32), word nog ondersoek. Ons is nog besig om getuienisverklarings te versamel wat ons meer duidelikheid sal gee oor presies wat daar gebeur het,” het Pojie gesê.
Die oorledene, Shawn Pyler (19), is verskeie kere met ‘n mes gesteek. Pyler is later in die hospitaal oorlede.
Die verdagte (32) is ook ernstig beseer en is in die hospitaal opgeneem. Hy is verskeie kere, vermoedelike met ‘n mes, gesteek. “Op die stadium is niemand in hegtenis geneem,” het Pojie gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'