GEORGE NUUS - Die NG Moedergemeente George hou Vrydag 27 Oktober, 'n kermis by die kerksaal.
Alles wat sinoniem is met die woord "kermis" gaan daar wees, van tuisgebak, pannekoek en basaarpoeding tot kerrie en rys, koffie, tee en koeldrank.
Tussen boeresport, gesigverf, gelukstrekkings en lekkergoed sal die kinders nie 'n oomblik verveeld wees nie.
En moenie vergeet van die verskillende potjiekosse wat beskikbaar is vanaf 15:00 en natuurlik 'n braai vanaf 18:00 nie.
Kom smul aan allerhande lekkertes wat op die kole gaargemaak word: braaivleis, potjiekos, sosaties, hamburgers, boereworsrolle en roosterkoeke.
Kom bring jou Vrydagmiddag by die kermis deur. Die kermis begin om 13:00 en kaartfasiliteite is beskikbaar.
Vir meer inligting, kontak Neels Kleyn by 082 965 0879.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’