GEORGE NUUS - Die Micfin Groep-skema het op 2 Desember die dag aan hul gemeenskap opgedra met 'n spesiale uitreik wat by die Rosemoor-dienssentrum gehou is.
Die inisiatief, wat sowat 100 mense gelok het, het gefokus op teruggee aan die gemeenskap wat 'n belangrike rol in die sukses van die groep speel.
Volgens Lee-Roy Pojie van Micfin was die hoofdoel van die dag om hul waardering teenoor hul lojale kliënte te betoon.
Die groep het ook die geleentheid gebruik om ouer gemeenskapslede in te lig oor hul nuwe produkte en dienste vir lang- en korttermyn versekering.
"Ons wou nie net dankie sê nie, maar ook die mense laat verstaan dat hulle vir ons belangrik is. Hul ondersteuning beteken die wêreld vir ons, en hierdie was ons manier om iets terug te gee. Micfin is in die gemeenskap en vir die gemeenskap," sê Pojie.
Micfin se uitreik is deur sowat 100 mense bygewoon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’