Update
KAROO NUUS - Volgens die nuutste inligting is daar tans ongeveer vier kinders en 12 volwassenes wat steeds in Meiringspoort vasgekeer.
Kaleb Belelie, een van die persone wat vanoggend 'n plasing op Facebook gemaak het, vertel dat hulle al sedert 07:00 vanoggend in die poort vasgekeer sit. Belelie sê dat hulle drie kinders by hulle het waaroor hulle bekommerd is.
In sy plasing sê hy dat hulle tussen twee riviere vassit en dat daar drie kinders by hulle is.
"Ons is bekommerd oor water en melk vir die kinders, maar daar het 'n dame, Maria, van Klaarstroom vir ons iets gestuur het om te eet," vertel hy.
Die laagwaterbruggies in Meiringspoort oorstroom steeds. Foto's verskaf
Volgens hom is hy nie presies seker hoe lank hulle nog in die poort gaan vas sit nie, maar is daar voertuie van provinsiale padwerke wat aan die pad werk.
"Niemand is beseer nie, maar almal is maar gespanne en emosioneel. Veral die ma van die twee kinders. "
Dit blyk ook dat die watervlak nou besig is om te daal, maar, volgens Belelie, het dit nog nie ophou reën nie.
Daar is steeds mense in Meiringspoort vasgekeer.
Gerhard Otto, die hoof van rampbestuur aan die Tuinroete, het gesê dat hulle steeds die situasie monitor.
"As die mense enigsins in lewensgevaar is sal hulle per helikopter uitgehaal word. Daar is kos en water gestuur van Klaarstroom se kant af, maar daar is nog nie 'n aanduiding van hoe lank die padgebruikers in die poort gaan bly nie."
Otto het ook gesê daar moet nog bepaal word of daar skade aan die pad is.
Lees die vorige berig hier:
Mense in Meiringspoort vasgekeer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’