GEORGE NUUS - As deel van Menseregtedagvieringe is ‘n geleentheid Vrydag 25 Maart by die Pacaltsdorp-gemeenskapsaal deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir lede van die Vereniging vir persone met gestremdhede (APD) gehou.
Die fokus was dat mense met gestremdhede ook in verkiesings kan stem.
Altesame 16 APD-lede, waarvan sommige gesiggestremd is, het die geleentheid bygewoon.
OVK-personeel het aan hulle verduidelik hoekom dit belangrik is om te stem en hoe die demokrasie werk. Die stemproses is ook verduidelik.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'