GEORGE NUUS - ‘n Mediese dokter en twee verpleeg-personeellede van die Mediclinic in George is positief getoets vir Covid-19.
Dit is kort gelede deur Kassie Karstens, bestuurder van die Mediclinic, bevestig.
Volgens Karstens is die drie die afgelope week positief getoets.
Hulle is in selfisolasie by die huis.
*George het teen vanmiddag 13:00 altesaam 37 bevestigde gevalle gehad van mense wat positief getoets het waarvan 18 herstel het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'