GEORGE NUUS - Met skole wat pas vir die tweede kwartaal heropen het, het George Herald met 'n paar matrikulante gepraat oor waarna hulle uitsien en hulle besluite rondom studies, vakkeuses en nog baie meer.
Cara-Seugnet Kaboni (York High) - I'm excited for all the inter-school derbies this upcoming term! There is nothing better than standing at the side of a sports field and supporting your school. The sense of unity and "togetherness" is very much something we strive to cultivate at our school.
My subject choices are right, however I do wish our school offered economics as a subject because I will be studying it at university next year. I would have been more prepared. I have not yet applied to any universities but I am looking at Wits University, University of Cape Town, Rhodes University and University of the Western Cape. I will apply this upcoming term for these universities.
Cara-Seugnet Kaboni
Danell Buys (George High) - Eerstens is ek baie gespanne oor dit wat voorlê, onder andere die volgende kwartaal, die eksamens en die reis na skool. Dit wat ek dalk nou beplan, is miskien nie in God se plan vir my nie, maar ek is ook opgewonde. Ek sien uit na die nuwe werk in my vakareas - my motivering hiervoor is die feit dat dit my laaste tweede kwartaal as leerder is.
Danell Buys
Ek was nog altyd geïnteresseerd in die besigheidswêreld, en het vanaf gr. 10 handelsvakke geneem, so ja, ek het die regte vakkeuses want ek weet ek gaan in die handelsrigting. Ek is nog nie 100% seker wat ek presies gaan doen nie, maar het al gedink aan universiteite soos Maties, Potch en Akademia.
Sandalene Hatches (George High) - Ek sien die meeste uit na die al die werk wat ons gaan doen en om uiteindelik klaar te kan maak daarmee. Ek begin al reeds die dae na die finale eksamen aftel. Ek het in graad 9 reeds baie begin oplees oor wat ek wil doen en watter vakkeuses ek benodig.
Sandalene Hatches
Ek het na die skaarsvaardighede in ons land gaan kyk en op grond daarvan my keuses gemaak. Ja, ek het al aansoek gedoen by 3 universiteite, en ek hoop om goed te slaag sodat ek finaal toegelaat kan word. Ek het aansoek gedoen vir B. Compt, geoktrooieerde rekenmeester, maar my % gemiddeld moet bo 70% wees.
Quvhen Williams (PW Botha College) - I am looking forward to a great second term where we will have to study hard to make a huge success of our lives. My subject choices are perfect for what I want to study.
Quvhen Williams
I want to study ministry and the subjects that I have now will help me get a bigger picture of what I want to do. I am looking at NMU PE Campus or The Leadership College at Hope Church in George.
Sian Grindlay (Glenwood House) - As a matric learner, the second semester is something we all look forward to because of the many great netball, hockey and rugby games scheduled. Personally, I'm really looking forward to our Kingswood hockey tour which we depart for on Wednesday 18 April.
The second semester requires a large amount of hard work as we write our first exams for matric in June. I have applied to both Stellenbosch and NMU George Campus for undergraduate studies, and the subjects that I am taking include accounting, history and business as they relate to economics and management.
Our matric group is excitedly anticipating the second semester and we want to make the most of our remaining time together before we all part ways.
Marc van der Merwe (Kwagga) - In die tweede kwartaal sien ek uit om deel te neem in die finale fase van die Nedbank Ekonomie Opstel Kompetisie in Mei vanjaar wat 'n aanbieding in die Waterfront voor 'n paneel ekonome behels. Dit is om in aanmerking te kom vir 'n volle beurs vir my studies aan 'n universiteit in 2019.
Marc van der Merwe
Om iets van waarde agter te laat, om in die jonger generasie in my skool (Hoërskool Outeniqua) te investeer - 'n sterk geloofbasis en gevestigde identiteit om toekomstige leier te word. My vakkeuses tans, naamlik rekeningkunde, ekonomie en besigheidstudies ondersteun my toekomstige loopbaan planne.
Ek beplan om volgende jaar B.Com forensies te studeer aan die Universiteit van Potchefstroom of gewone B.Com by Stellenbosch Universiteit. Ek het reeds by albei aansoek gedoen vir die bogenoemde kursusse.
Henrunesha Blouw (George High) - Ek sien uit na die eksamen omdat ek moet wag vir die Junie-rapport om aansoek te doen. Ja ek het die regte vakkeuses ek het fisika, wiskunde en biologie wat 'n vereiste is vir radiografie. Ek dink om by KSUT (CPUT) of NMMU aansoek te doen omdat radiografie by hulle aangebied word in die Wes-Kaap. Ek sal ook by instansies in Pretoria en Durban aansoek doen al is dit bietjie verder. Ek moet vir al my vakke ten minste 50% kry vir my kursus.
Gurshwin Damons (George High) - Waarna ek uitsien die kwartaal is die eksamen wat op hande is. Ook om die kwartaal suksesvol af te lê en te geniet wat ek kan geniet. Vir my loopbaankeuse is dit nie nodig om vakke te verander nie, alles is soos dit moet wees. Ek kyk na die Universiteit Vrystaat asook Unisa. Of dit is die plekke wat ek ingedagte het. Ek wil graag regsgeleerdheid bestudeer en moet dus vir die Universiteit Vrystaat 70% in wiskunde behaal en vir Unisa 50% in tale en 50 tot 59% vir wiskunde. Maar vir opvoedkunde is die toelating net 30%.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'