GEORGE NEWS - 'n Verdagte is vanoggend in New Dawnpark hegtenis geneem ná 'n man gisteraand in dié area vermoor is.
Die voorval het omstreeks 20:00 gisteraand in Katdoringslot plaasgevind.
Die oorledene is aangetref met 'n steekwond aan sy bolyf. Hy is na bewering met 'n tipe kapmes gesteek.
Die verdagte is in 'n opslaanhut in Bougainvillea-rylaan deur lede van Pacaltsdorp-buurtwag en die polisie, vasgetrek.
Hy sal in alle waarskynlikheid Maandag in die hof verskyn.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'