Update
GEORGE NUUS - Die moordverdagte van New Dawn Park, Jack Claassen (47) het gister, Donderdag 7 Maart in verband met sy vrou se moord in die George-landdroshof verskyn.
Volgens die polisie het die moord omstreeks 21:00 op Saterdag 2 Maart by die paartjie se huis in Sierriestraat plaasgevind.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die voorlopige ondersoek toon dat die verdagte en sy vrou (43) in hul tuin gesit het toe hulle begin baklei het.
"Volgens getuies het die verdagte sy vrou met 'n beton-latei (lintel) teen die kop geslaan. Sy het 'n oop wond aan die linkerkant van haar kop gehad. Die slag het glo haar onmiddellike dood veroorsaak. Paramedici was vinnig op die toneel. Hulle het haar dood verklaar," het Pojie gesê.
Die saak is tot Maandag 11 Maart uitgestel om inligting vir sy borgtogaansoek te bekom. Hy bly in aanhouding.
Lees 'n vorige artikel: Naweek van messteek en moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'