GEORGE NUUS - 'n Man is gehospitaliseer ná hy vroeër vanaand, Sondag 26 Mei, na bewering deur twee mans met 'n hamer en 'n panga aangeval is.
Die voorval het kort ná 18:00 in Merrimanstraat plaasgevind.
Ooggetuies het glo die verdagtes verjaag toe die slagoffer om hulp geroep het.
Die motief blyk roof te wees.
Die omvang van die slagoffer se beserings is nog nie bekend nie.
Die polisie is tans opsoek na die verdagtes wat te voet gevlug het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'