GEORGE NUUS - Die Conville-man wat een van sy vriende in Januarie 2016 vir slegs R20 vermoor het, is verlede maand tot 10 jaar tronkstraf in die Thembalethu-streekhof gevonnis.
Volgens Conville-polisie se stasiebevelvoerder, kol. AB Kriga, is Cedric Malan (28) in hegtenis geneem ná hy op 1 Januarie 2016 vir Edwin Heyns (24) in sy gesig gesteek het.
"Die twee mans het glo baklei oor R20 waarna die voorval plaasgevind het," het hy gesê. Heyns is op die toneel in Fiskaalstraat dood verklaar en Malan is op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Hy is op 22 Januarie 2016 borgtog van R500 toegestaan.
* A Conville man who killed one of his friends for a mere R20 in January 2016, was sentenced to 10 years behind bars in the Thembalethu Regional Court last month. According to Conville Police's station commander, Colonel AB Kriga, Cedric Malan (28) was arrested on 1 January 2016 after he stabbed the 24-year-old Edwin Heyns in the face.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'