GEORGE NUUSFLITS - ‘n Vrou het ‘n man vanoggend na bewering in Langenhovenstraat met ‘n besemstok doodgeslaan. Die voorval het blykbaar om 09:00 plaasgevind.
Volgens Johan Prinsloo, woordvoerder vir ER24, het hy om ongeveer 09:20 ‘n oproep van ‘n hoogs ontstelde vrou ontvang oor ‘n man wat besig was om te sterf.
“Die vrou was histeries. Sy het gesê die man is aangerand en dit was baie erg, ons moet kom. Sy het gesê hy was besig om blou te raak.”
Toe die ambulansdiens op die toneel aankom, was die man reeds dood. Sy liggaam het op die sypaadjie naby die troeteldierwinkel in Langenhovenstraat net om die hoek van Yorkstraat gelê.
Volgens inligting wat die George Herald ontvang het, is twee vroue in hegtenis geneem.
Meer inligting volg oor die voorval soos die pollisie dit bekendmaak.
Met ER24 se aankoms op die toneel, was die man reeds dood. Foto's: ER24
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'