GEORGE NUUS - ‘n Man is dood in ‘n ongeluk vanoggend op die R404 naby die 4 Brothers-aartappelstoor. Die oorledene het ‘n bakkie bestuur en met ‘n vragmotor vol bakstene gebots.
Die ongeluk het omstreeks 07:30 plaasgevind. Die vragmotor was oppad vanaf George-lughawe na Blanco, en die bakkie in die teenoorgestelde rigting.
Die bestuurder van die vragmotor is in die ongeluk beseer. Die omvang van die vragmotorbestuurder se beserings is onbekend.
Nooddienswerkers is tans op die toneel. Die pad is tans gesluit vir verkeer en motoriste word aangeraai om tans ‘n alternatiewe roete te volg.
Die toneel vanoggend op die R404.
Die bestuurder van die vragmotor is in die ongeluk beseer. Die omvang van die vragmotorbestuurder se beserings is onbekend.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’