Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die MR355 (Saasveld / Madibadrive) is sedert vroeg vanmiddag weer oop vir verkeer.
Die pad was sedert November gesluit as gevolg van vloede.
Dit is kort gelede bekend gemaak in 'n openbare kennisgewing wat deur Monde Stratu, munisipale bestuurder van die Garden Route District Municipality, uitgereik is.
Die pad is 'n belangrike skakel tussen George en die Nelson Mandela universiteit George kampus.
Die noodgedwonge sluiting het vir groot ontwrigting gesorg en padgebruikers moes deur Wilderness 'n alternatiewe roete van etlike kilometer aandurf.
VIDEO - Madibadrive weer oop vir verkeer:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'