Update
GEORGE NUUS - Die stompkopkewer (polyphagus shot hole borer beetle of PSHB) het homself goed in George ingegrawe en gaan steeds ongestoord voort, waarsku dr. Jaap Steenkamp, bekende bosboukenner.
Volgens hom het die grendeltyd vele normale of standaard praktyke beïnvloed deurdat dit of agterweë gelaat is of totaal nagelaat is.
Vir peste en plae het dit 'n ideale geleentheid gebied om voort te stoom. Behalwe vir die afgelope paar weke was dit 'n baie matige winter waarin min ryp voorgekom het. Die hoër gemiddelde temperature bevoordeel die kewer en met die nuwe groeiseisoen wat aanbreek is dit van groot belang om deeglik op te let na besmette bome.
Net voor die grendeltyd is 'n groep bome in een plaaslike tuin eksperimenteel behandel met middels wat goedgunstiglik deur Bitrad Consulting (Pty) Ltd. beskikbaar gestel is. Twaalf bome is behandel en die gegewens en steekproefmonsters aan die Landbounavorsingraad (LNR) verskaf vir die toetsing vir die aanwesigheid van die Fusarium euwallaceae swam wat die dood van die bome veroorsaak.
Uit hierdie navorsingsresultate was elf van die 12 bome skoon. Dit is 'n baie goeie resultaat, maar teen die verwagting in is ander Fusarium species (F. solani en F. oxysporum) op die res van die steekproef bome gevind. Die resultate is met Fabi gedeel en reaksie word afgewag.
"Ons vertrou dat die ander Fusarium spesies wat ons in die bome gevind het nie skadelik vir die bome sal wees nie. Dit sal uitgeklaar word en indien nodig sal daar dan na alternatiewe of uitgebreide behandeling van bome gekyk moet word."
Sy voorstel is dat daar voortgegaan word met die standaard behandelings totdat daar sekerheid is oor die nuwe swamme. Hoe gouer besmetting ontdek word, hoe beter is die kanse vir suksesvolle behandeling.
Die owerhede het intussen PSHB as 'n ongewenste indringer verklaar. Dit is nog nie duidelik wat die implikasie hiervan sal wees op ornamentele bome wat besmet is nie.
Een van die grootste enkele probleme is steeds die verwydering van bome waar dit afgesaag en na verskillende bestemmings vervoer word. Dit ondersteun die verspreiding van die kewer.
Om hierdie probleem hok te slaan moet afgesaagde hout met kontak insekdoder bespuit word voordat dit vervoer word.
The challenge posed by the polyphagus shot hole borer beetle of PSHB is ongoing. Dr Jaap Steenkamp, a well-known forest expert, said generally mild winter temperatures would have benefited the beetles and it is important to check for infestation now that the growing season is starting. While there has been some success with experimental treatments against the beetles, other species of fusarium, the symbiont fungus, were found.
Vorige artikels:
- Stompkopkewer as pes verklaar
- Kewer steeds bedrywig
- Ou historiese boom bly "voortbestaan"
- Kewer saai steeds verwoesting
- Resident fears beetle caused Milkwood death
- Stompkopkewer saai steeds verwoesting
- Stompkopkewer versprei verder
- Shot hole borer still causing havoc
- Bakkies gemaak van Kerk se geskiedkundige boom
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'