GEORGE NUUS - Doug Johnson van LEMON Leadership SA is die gasspreker by die jaarlikse galadinee van Arbeidsbediening in die Tuinroete op Donderdag 24 Augustus.
Dit word gehou by Down to Earth-restaurant by Heroldsbaai.
Johnson het 30 jaar ondervinding in die veld van mense- en leierskapsontwikkeling. Hy is 'n vierde generasie pastoor wat in 1989 'n kerk in Kaapstad gestig en gelei het.
Hy het die besigheidswêreld in 2006 betree en het bekend geword as die "spanfluisteraar" (team whisperer) wat spanne kan bemagtig om optimaal saam te werk.
Johnson het 'n aantal nuttige instrumente ontwikkel vir mensontwikkeling en fokus spesifiek op uitvoerende spanne en direkteursrade.
Hy het sedert 1999 al honderde LEMON Leadership-werksessies gefasiliteer en talle fasiliteerders in Suid-Afrika opgelei om die produk te gebruik.
Arbeidsbediening se jaarverslag sal ook gelewer word en die verkiesing van die nuwe bestuur vind by die dinee plaas. Die bediening bied 'n geakkrediteerde lewensvaardigheidsontwikkelingsprogram aan vir almal in die wêreld van werk wat bekend staan as Bright Star Lewensvaardighede. Dit kan by besighede, kleiner organisasies en skole aangebied word.
Kaartjies vir die dinee kos R175 per persoon en is te kry by Floors Meyer
082 971 7868 of Betsie Fourie 044 884 1404 (Maandag tot Donderdag tussen 08:00 en 14:00).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'