GEORGE NUUS - 'n Huis in Montagustraat, Blanco, is omstreeks 02:00 vanoggend, Donderdag 4 Junie, in 'n brand verwoes.
Volgens 'n buurtwaglid van Blanco behoort die huis blykbaar aan 'n bejaarde dame wat tans in 'n tehuis woonagtig is.
"Ten tye van die brand was die huis leeg en daar was geen permanente inwoners nie," sê hy.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'