Gallery
GEORGE NUUS - Leerders en onderwysers van Laerskool Hoekwil het Woensdag 31 Januarie, swaar afskeid geneem van 'n geliefde juffrou, Alida Lubbe, wat na jare van toewyding uit die onderwys tree.
Juffrou Lubbe was vir 23 jaar deel van Laerskool Hoekwil en het vir gr. 4's skoolgegee.
Die skool het haar op 'n gepaste, seremoniële wyse geëer en gegroet en voorspoed toegewens met die nuwe lewenshoofstuk wat sy nou betree.
Lubbe is bedank vir haar toewyding en lojaliteit deur die jare.
PHOTO GALLERY - Laerskool Hoekwil groet 'n geliefde juffrou
Sy het op 'n rooi tapyt na die skoolklok gestap wat sy 'n kans gegun is om 'n laaste keer te lui.
Kinders het hul gevoelens weerspieël met blomme, kaartjies en baie stywe drukkies. Dit was 'n oomblik om te koester.
Juffrou Alida Lubbe en 'n leerder troos mekaar. Foto's verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’