GEORGE NUUS - Die Kwaggas het die laaste naweek in Oktober aan die Grey College-tennis-toernooi in Bloemfontein deelgeneem waar die spelers skouers geskuur het met spelers van onder andere Paul Roos, Paarl Boys' High, Waterkloof, Affies, Kersney en St. Stithians.
Die Kwaggas het na 'n paar harde wedstryde vierde in die toernooi geëindig.
Hoërskool Outeniqua bedank ook graag die borg wat die tennisspan se spandrag geborg het.
Telesto Clay Tennis is 'n nuwe borg van Hoërskool Outeniqua se tennisakademie. Die firma is tans besig met die groot sportontwikkeling by Rooirivierrif.
Voor, van links is Albert Warren (afrigter), Martin Mostert, DeVilliers Lamprecht, Michael Mostert en Jonathan Hills (Telesto Clay Tennis). Agter: Johan Naude, Drikus de Jager, Willem Breytenbach en Ivan Koen.
Die spelers met hul geborgde baadjies.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'