GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua loop breë bors rond.
Die matriekklas van 2022 het 'n slaagsyfer van 99,7% behaal.
Altesame 51 leerlinge 'n A gemiddeld behaal. Die top presteerder is Caro Giliomee, wat 'n gemiddeld van 93,3% behaal het.
Christo Vorster, die hoof, het tydens die bekendmaking van die uitslae gesê punte is belangrik,maar dis belangriker wie jy is.
Nederigheid is 'n mooi kenmerk.
Sas du Plessis,hoof van Laerskool George-suid se dogter, Zani ,het geslaag met 'n A-gemiddeld.
Ouers en leerlinge wag vir die uitslae.
Leerlige van Outeniqua ontvang hul uitslae.
Christo Vorster, hoof saam met Caro Giliomee. Foto's:Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'