TUINROETE NUUS - 'n Kranslegging sal op 7 Desember by Hoërskool Ben Viljoen in Limpopo gehou word vir die drie matrieks wat Saterdagoggend naby Groot-Brakrivier in ‘n motorongeluk dood is.
JG Greyling, Stiaan Grobler en Conrad Meiring is op 3 Desember in ‘n motorongeluk op die N2 oorlede.
‘n Vierde insittende het die ongeluk oorleef.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die drie na hul matriekvakansie op Hartenbos onderweg was toe die Lexus waarin hulle gery het die pad verlaat het.
Die ongeluk het tussen 01:00 en 02:00 op die N2 naby die Maalgatebrug gebeur.
Suid-Kaap-polisiekommunikasiebeampte, kapt Malcolm Pojie sê die drie seuns is uit die voertuig geslinger en almal is op die toneel dood.
“Die vierde insittende is later in ‘n hospitaal vir sy beserings behandel en is intussen ontslaan.”
Die polisie kon nog nie bekend maak wie die voertuig bestuur het nie.
‘n Saak van strafbare manslag word deur die Groot-Brakrivier-polisie ondersoek.
Vorige artikel: 3 Killed in accident
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'