GEORGE NUUS - 'n Nuwe begin, 'n nuwe fase, opwinding, potensiaal, verwagting, 'grootskool'... hierdie is van die woorde wat ouers, onderwysers en kinders van Laerskool George-Suid gebruik met die aanbreek van die 2023-skooljaar.
"Ons is gereed om vandag kinders vanaf gr. RR tot gr. 7 te ontvang. 'n Nuwe jaar is soos 'n gholfspeler op die eerste bof," het skoolhoof Sas du Plessis gesê.
"Vanjaar gaan 'n goeie jaar wees, omdat ons as skool baie goed kon beplan en voorbereid wees. Covid se onsekerheid lê nog vlak in die geheue."
Laerskool George-Suid het vanjaar vyf gr. 1-klasse met altesaam 149 graadeens.
"Die LGS-familie sal hierdie jaar weer streef na uitnemendheid en elke kind die kwaliteit onderrig en opvoeding bied waarvoor die skool bekend is," het Du Plessis gesê.
"Ek bly altyd verstom dat die kinders in graadeen deesdae meer gereed is as sommige van die ouers. Hulle is gereed vir hierdie jaar. Ons sien baie uit."
Kirsten Kotze en haar ma, Netiche Kotze, by haar klaskamer met haar eerste skooldag.
Juf. Jorika von Wielligh en 'n groepie graadeens. Agter, van links is Liam Strydom, Mia Bezuidenhout, Tanika Scheepers en JP Strauss. Voor is Juané Lensley, Hayley Odendaal, Jayden Aarloo en Willem Botha. Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'