Update
GEORGE NUUS - 'n Borgtogaansoek van 'n plaaslike konstabel (27) wat van verkragting aangekla word, is wel Donderdagmiddag, 8 Februarie in die George-landdroshof aangehoor.
Hy is in Januarie vir die verkragting van sy vriendin se minderjarige dogter in hegtenis geneem.
Die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm, het Donderdagoggend ook in die hof vir sy borgtogaansoek verskyn, maar die saak is tot 26 Februarie uitgestel.
Die sake op die hofrol was egter vroeg afgehandel en daar was genoeg tyd om sy borgtogaansoek later die middag weer aan te hoor.
Die verdagte is vrygelaat op borgtog van R1 000 en verskyn weer op 9 Maart in die hof.
Volgens Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) is die verdagte op ses aanklagte van verkragting in hegtenis geneem nadat die slagoffer haar ma van die beweerde voorvalle vertel het.
Sy het toe haar dogter na die polisiekantoor vergesel waar 'n saak van verkragting gemaak is.
* A local constable (27) who is accused of raping his girlfriend's teenage daughter appeared in the George Magistrate's Court on Thursday afternoon, 8 February, for a formal bail application.
The suspect was released on R1 000 bail and is scheduled to appear in court again on 9 March.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'