GEORGE NUUS - 'n Paartjie uit Kanada het onlangs hul harte oopgemaak en komberse aan die Rosemoor-ouetehuis geskenk.
Aleasha en Alexander Asfar het vir familie in George kom kuier en deur 'n gemeenskaplike kennis vir Henrietta Cassim, 'n inwoner van Pacaltsdorp wat haar lewe aan bejaardes in die omgewing gewy het, ontmoet.
Cassim, wat ook nou betrokke is by Rosemoor-ouetehuis het die Asfars met ope arms verwelkom toe hulle ook by die gemeenskap wou betrokke raak.
Die paartjie het aan meer as helfte van die inwoners van die ouetehuis kombersies geskenk. Dié met die grootste behoefte is eerste gehelp.
"Hulle [die Asfars] het gesê hulle kom in Oktober terug en wil saam met my werk in die gemeenskap doen. Ek is bitter dankbaar vir hulle," sê Cassim.
Mary Laport (73) spog met haar nuwe kombers. Agter haar staan Henrietta Cassim en Aleasha Asfar.
Hendrik Speelman (99) lê knus onder sy nuwe kombers.
Dorothy Willemse (88) en Aleasha Asfar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'