GEORGE NUUS - Die lappieskruis wat sedert verlede Vrydag, 1 Desember, naby aan die voorkant van die NG Moedergemeente in Courtenaystraat staan, sal nog vir 'n rukkie te siene wees.
Tussen 2 500 en 2 800 lappies is sedert Maart gebrei en gehekel om die 9 m hoë kruis te bedek. Die lappies is deel van die ACVV George se Terug na die Kruis-projek.
Inwoners van Huis Harmonie het daaraan gebrei en gehekel. Mense van Robertson en Hartenbos het ook gehelp.
Sedert dit Vrydagaand, 1 Desember, tydens ‘n Kerssangdiens amptelik bekendgestel is, het talle mense daarna gaan kyk. Saans is dit gedeeltelik verlig.
Die algemene gevoel is dat dit iets is wat nie gemis moet word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’