GEORGE NUUS - 'n Groepie kollegas wat by Nedbank se George-tak werksaam is, woeker om geld vir Bethesda Kinder- en Jeugsorgsentrum in te samel. Die groepie noem hulself The Chosen Ones, en verrig wondere om die kinders se omstandighede te verbeter.
Met een van hul projekte, 'n ontbyt en stomveiling (silent auction) by Victoria Heights B&B, is 'n bedrag van R52 300 ingesamel.
"Hierdie geld sal aangewend word om die veiligheid van die huisie waarin die kinders woon op te gradeer, aangesien ons in 'n hoë misdaad area geleë is en gereeld deurloop deur vandalisme en pogings tot inbrake - veral tydens beurtkrag," het Madeleine Meyer, hoof- uitvoerende beampte van Bethesda, gesê.
Bethesda Kinder- en Jeugsorgsentrum huisves tans 24 kinders (seuns en dogters tussen die ouderdom van 18 maande en 18 jaar) wat deur die kinderhof in hul sorg geplaas is.
Vir meer inligting kontak Bethesda by 044 875 8088.
'n Ontbyt en stomveiling (silent auction) by Victoria Heights B&B het 'n bedrag van R52 300 opgelewer.
The Chosen Ones: Marina Brink, Louise Lategan, Lizelle Lottering, Gertruida Kröhn, Suzanne Brink, Corrie du Plessis, Riaan Marais en Juanita Hector.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’