Update
GEORGE NUUS - Die ondersoek ná Caroline van der Merwe (21) se dood in Junie 2017, is voltooi. "Die dossier is by die senior staatsaanklaer vir 'n beslissing. Die besluit rondom roekelose en nalatige bestuursaanklagte by die hof neem meer tyd as ander sake," sê sers. Michael Opperman, George-polisie se kommunikasiebeampte.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Caroline was Vrydagaand, 2 Junie 2017 omstreeks 23:00 vanaf Mujo's, waar sy gewerk het, onderweg huis toe saam met vriende, Jean-Pierre Stopforth, Levin Muller en Megan Borrett.
Sy het in Knysnaweg ingedraai in die rigting na die dorp toe twee voertuie, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, haar motor getref het. Caroline het op die toneel gesterf. Reddingswerkers moes van meganiese kake gebruik maak om haar liggaam uit die verfrommelde wrak te bevry na die beseerde Stopforth en Muller bevry is.
Borrett is lig beseer.
* The investigation into the death of Caroline van der Merwe (21) in 2017, has been finalised. The docket was handed to the senior prosecutor for a decision. Nobody has been arrested yet.
Lees vorige artikels:
- Slegs mediese verslae uitstaande
- Knysnaweg-ongeluk ondersoek byna voltooi
- Knysnaweg is nog dieselfde
- Niks nuut oor spoed in Knysnaweg
- 'Sy was 'n borrelende kind'
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'