GEORGE NUUS - Het jy in die verlede by Shirley's-klerefabriek in George gewerk? Dan moet jy kontak maak met die organiseerders wat 'n 30-jarige reünie vir werknemers beplan.
Die maatskappy het destyds 'n groot rol gespeel in die gemeenskap en was 'n belangrike werkgewer, maar moes in die 1990's sy deure sluit.
Joan Cronje, een die organiseerders van die reünie, het Maandag 24 September gesê die klerefabriek was in Sandkraalweg, vandag Nelson Mandela Boulevard. Sowat 800 mense het daar gewerk - toe die grootste klerefabriek in die Suid-Kaap - en het allerhande klere vervaardig, ook baba- en kinderklere.
Cronje sê hulle wil ook die nagedagtes van die ontslape werknemers eer by die funksie op 16 Desember in die George-burgersentrum.
Cronje het self baie goeie herinneringe aan haar tyd by die fabriek. "Ek het 'n passie vir daai fabriek gehad. Dit was my eerste werk gewees. Die mense was soos familie.
"Die fabriek het 'n groot rol gespeel in die gemeenskap. Shirley's was 'n vername bron van inkomste vir baie. Die werknemers het die plaaslike ekonomie ondersteun en vir ons kinders geleerdheid verseker."
Die organiseerders sal graag wil sien dat die gemeenskap inkoop in die geleentheid en vra dat sakeondernemings betrokke raak as borge.
Vir meer besonderhede kontak Cronje by 072 839 8381 of Noleen Delport by 081 330 9268 of Alice Johnson by 083 537 7002.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’