Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Roy Brown (38) van Pietermaritzburg het vanoggend in George aangestap gekom.
Hierdie man het al 2 628 km sedert 1 Augustus afgelê ter bewusmaking van die rol wat Famsa in gemeenskappe speel.
Brown gaan die naweek hier spandeer en vertrek Maandagoggend vroeg na Oudtshoorn. Sy plan is om tot Worcester te stap en dan weer na Pietermaritzburg terug te keer.
Hy word deur sy vrou en babaseuntjie vergesel, wat saam met sy mediese borg, ER24, per ambulans agter die ambisieuse stapper aanry.
Lees meer oor Brown se tog deur die land in volgende week se George Herald.
Kyk 'n video hieronder
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'