Gallery
GEORGE NUUS - Sondagmiddag is honderde kinders van Pacaltsdorp weer deur Virgill Gericke en sy vrou, Justine, tydens hul jaarlikse kinderpartytjie bederf.
Dit is die agtste agtereenvolgende jaar wat hulle die Kerspartytjie aanbied vir behoeftige kinders wat andersins nie die geleentheid sal hê om Kersfees te vier nie.
Die dag se program was vol vermaak, musiek, geestelike padkos en 'n geskenkie aan elke kind.
Al die borge asook die Pacaltsdorp-leraarsforum word bedank vir hul bydre om die dag suksesvol te maak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'