Update
GEORGE NUUS - Die voormalige ouderling (51) van die Elim Sewendedag-Adventiste in Pacaltsdorp wat in April skuldig gepleit het op aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige meisie is gister, Woensdag 27 Junie, tot twee jaar korrektiewetoesig, met streng voorwaardes, gevonnis.
Die slagoffer was 10 jaar oud ten tyde van die voorval in 2016.
Die beskuldigde, wie se naam nie genoem mag word om die identiteit van die slagoffer te beskerm, het die slagoffer in die begin van 2016 in sy huis in die middedorp gemolesteer.
Streeklanddros Eugenia Jacobs het tydens vonnisoplegging in die Thembalethu-streekhof aan die beskuldigde gesê dat kinders die kwesbaarste lede van die gemeenskap is en dat hulle regte te alle tye beskerm moet word. Sy het ook gesê al het hy haar nie fisiek betas nie, hy haar steeds laat glo het dat hy haar seksueel sou aanrand. (Volgens die beskuldigde het hy die slagoffer gevra om haar onderste onderklere uit te trek, maar hy het haar nie betas nie.)
"Die slagoffer sal vir die res van haar lewe met die letsel van die daad moet saamleef. Sy en die familie is erg getraumatiseer en die voorval het 'n groot impak op haar sosiale lewe en skoolwerk," het Jacobs gesê.
Jacobs het ook gesê die feit dat hy skuldig gepleit het, berou getoon het en die slagoffer geen fisieke beserings opgedoen het nie, as versagtende omstandighede geld en in sy guns tel. Dié voorval is ook sy eerste oortreding.
Die vonnis
Die beskuldigde is vir die volgende twee jaar onder huisarres geplaas en mag nie George sonder toestemming verlaat nie. Sy naam word in die register van seksuele oortreders aangeteken en hy mag voortaan nie met kinders werk nie. Hy moet ook aan verskeie rehabilitasie-programme deelneem en 16 ure per maand gemeenskapsdiens by die George-treinmuseum doen. Hy het slegs op Saterdae tussen 08:00 en 12:00 vryetyd en mag Sondae kerk bywoon.
"Ons troos onsself daaraan dat daar 'n mate van geregtigheid vandag geskied het. Ons is egter bekommerd dat die Elim Sewendedag-Adventiste versuim het om vorige soortgelyke sake aan die owerhede te rapporteer. Die familie het bevestiging dat tugstappe deur die kerk toegepas is in die verlede, maar niks is gerapporteer nie. Ons vra vandag alle godsdienstige instellings, veral predikante binne die Sewendedag-Adventiste waar ons lede is, om nie hul plig te versuim nie.
Ons vra hulle om sulke voorvalle onmiddellik aan die polisie te rapporteer. Ons as gesin sal voortgaan om te veg teen die misbruik van kinders binne die kerk," het die slagoffer se pa gister ná hofverrigtinge aan die George Herald gesê.
*The former elder (51) of Elim Seventh Day Adventists in Pacaltsdorp, who pleaded guilty in April on charges of sexual assault of a minor girl, was sentenced to two year correctional supervision on Wednesday 27 June. The victim was 10 years old at the time of the incident in 2016. The accused, whose name can not be mentioned to protect the identity of the victim, molested the victim in his house in 2016.
Lees Joanne Barrett van Woman and Men against Child Abuse se kommentaar (in engels) hier:
We at WMACA are satisfied with the sentence of the former pastor where he has received 2 years house arrest with strict bail conditions. We trust this sends a message out to all perpetrators who commit sexual offence crimes against children, that they will face the law. Due to this being a first offence, we accept Magistrate Jacobs ruling. We would like to strongly state and put across that where children are part of an organisation such as a schools or churches, strong reference be made as well as careful selection be m done before employing or allowing positions of trust to be lightly given.
Children have a right to protection which falls strictly under the children's act. Society, too has a right to protect our children.
We hope the family can now move on after the traumatising ordeal they have been through from both the former pastor and their church, and find closure.
With the current scourge of violence, rape and murder against women and children in the country. We trust strong supervision will be carried out and put in place by the court and justice system.
"WMACA has been involved in several efforts to bring an end to the granting of bail to sexual offenders and predators where children are involved." #MiniMeToo
Lees vorige artikels hier:
- Gesin voel kerk het hul gefaal na seksuele aanranding
- Voormalige kerkslid vas vir seksuele aanranding
- Kerkman skuldig aan seksuele aanranding
- Kerman in hof vir betasting
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'