Die borge en ondersteuners is hartlik verwelkom en bedank vir hulle voortgesette bydrae deur Johan Smit, skoolhoof van Laerskool Outeniqua, en die skool se vokale ensemble het ook die gaste verras met hul sangtalent. Smit het daarop gewys dat die jaar se oogmerk nie finansiële groei was nie, maar eerder om fondasies te skep by die nuwe perseel van waar die fees kan groei.
Seremoniemeester, Jacques Theunissen, het almal daaraan herinner dat die aand se verrigtinge ook 'n groter bewusmaking is van 'n breër George-gemeenskap en dat dit een van die Kaasfees se doelstellings is om ook 'n bydrae tot verskeie organisasies se werksaamhede te maak.
Die volgende organisasies is deur die Kaasfees gehelp:
- Rosedale Educare Centre, Pacaltsdorp
- Bethesda kinder- en jeugsorgsentrum
- Heavenly Haven
- Life Community Services
- Phambili Refuge Home
- George-hospitaal (kindersaal)
- Up with Downs
- Pink Trees for Pauline
"Hulle dankbaarheid en dienslewering is vir ons 'n inspirasie om nog harder te werk aan die sukses van die Kaasfees," het Milton gesê.
Pieter Pepler van George-munisipaliteit het die munisipaliteit se voortgesette ondersteuning bevestig en daarop gewys hoe die Kaasfees 'n hele dorp en 'n groter gemeenskap dien. Die Kaasfees-komitee is reeds aan die werk vir volgende jaar se Kaasfees wat van 1 tot 4 Oktober 2015 sal plaasvind.
Die borge van die feesglase is van links: Coert de Lange (Goldwagen), Jan Gabriel Coertze (Prime Cleaning) Benita Milton (Feesorganiseerder), Jaco Strydom (Flordis) en Louis Terblanche (R&SCommunications) Afwesig: Rion Olivier (Garden Route Mall).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'