GEORGE NUUS - Die jaarlikse gewilde Vrouedag van Outeniqua Dames Aktueel vind op 14 September by Eden Place plaas. Kaartjies is nou reeds beskikbaar en is besig om vinnig uit te verkoop.
Die gaskunstenaar is die immer gewilde Elvis Blue en Michael Lindt tree as seremoniemeester op. Die opening word waargeneem deur Musicam en die dansskool, Soul to Sole met You raise me up.
Dan het volg 'n kort geselstyd met Heinrich Terblanche oor koffie en Kelly Fourie-Barnard oor regsake. Johnny Klein gaan gaste van Ferdinand Deist se Sandveldstories voorlees.
Myan Subryan tree as gasspreker op en onderwerp is 'Christenskap, Afrikaans en rugby is nie boos nie'.
Kaartjies is beskikbaar teen R350 per person en sluit 'n heerlike middagete in. Kontak Magdaleen Smook by 044 873 6568 of 074 977 1986.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'