GEORGE NUUS - 'n 18-jarige man het homself Saterdag 4 April aan die polisie oorgegee ná 'n 70-jarige man dood in sy huis in Syferfontein aangetref is.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Malcolm Pojie, het een van die oorledene, Jan Jacobus Blom, se bure hom as vermis aangemeld, waarna die polisie hom op sy bed in sy huis gevind het.
"Polisielede moes die deur afskop om in sy huis te kom," sê Pojie.
Hy is na bewering verwurg en sy hande was glo vasgebind.
Die motief vir die moord is nog onbekend.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sou Maandag 6 April in die George-landdrosfhof verskyn. Teen druktyd kon die polisie nie bereik word vir besonderhede rondom sy verskyning nie. Volgens oorggetuies in Syferfontein is die verdagte weer by die huis.
IN SHORT
A young man (18) handed himself over to the Pacaltsdorp police on Saturday 4 April after a 70-year-old man was found dead in his home in Syferfontein.
According to Southern Cape police spokesperson, Captain Malcolm Pojie, the deceased, Jan Jacobus Blom, was reported missing by one of his neighbours after which the police found his body on his bed.
Blom was allegedly strangled. The motive for the murder is still unknown.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'