GEORGE NUUS - Huis JJ Watson se volgende maandelikse fondsinsamelingsverkoping word gehou op Donderdag 29 Augustus en besoekers word genooi om die gesellige geleentheid te kom ondersteun.
Dit word van 08:00 tot 12:00 by die tehuis gehou op die hoek van Cradock- en Fitchatstraat (oorkant NG Kerk George-Suid en JJ Watson-slaghuis).
Die verkopings is 'n inisiatief van 'n groep vrywilligers wat JJ Watson help om broodnodige fondse in te samel.
Daar is 'n teetuin waar besoekers kan ontspan en koffie en tee asook iets te ete geniet. Daar sal groot vetkoeke te koop wees met vulsels van kerrie of kaas en konfyt (R30), pannekoek (R7) en gelukspakkies (Lucky Packets, R25).
Besoekers kan snuffel onder die verskeidenheid tweedehandse klere en breiwerk wat te koop sal wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’