GEORGE NUUS - Kinders van New Dawnpark kon hulleself gate uit geniet tydens 'n sportprogram wat op Nasionale Jeugdag by die New Dawnpark-sportterrein aangebied is.
Dit het afgeskop met 'n staptog deur die woonbuurt om bewustheid te skep oor die veiligheid en posisie van kinders in die gemeenskap.
Daarna is die program amptelik geopen met 'n paar minute van gebed en verwelkoming deur Mareliza Fortuin, voorsitter van Migal's Peaceful Safehouse, koördineerder van die dag. 'n Motiverende boodskap is gelewer wat klem op hoop, dissipline en gemeenskapsverantwoordelikheid gelê het.
'n Vol program van boeresport, netbal, vlakkiekrieket en raakrugby het die kinders aktief besig gehou.
Die boeresportspeletjies is gefasiliteer deur Classical Conversations Homeschoolers.
Daar was ook 'n ligte middagete vir honger mae.
'n Klompie plaaslike gemeenskapsvrywilligers het gehelp om die program te laat vlot terwyl die New Dawnpark-buurtwag gesorg het dat die kinders veilig bly.
Kinders van alle ouderdomme het die dag geniet. Van die vrywilligers wat betrokke was, was van links: Marius Tarentaal, Joanne Spaaiers (agter), Mareliza Fortuin en Marius Barends.
Die kinders is in spanne opgedeel vir die boeresport.
Die Crusaders-netbalspelers wat deelgeneem het is van links: Jodene Witbooi, Lee-Anne Pauls, Caylin Manno, Stacey Lee Kleyn, Layla Rhode, Shane Samuels en Clint van Rooy.
Lede van die plaaslike buurtwag was op hulle pos.
Linda Philander (regs) en Judy Rooi was van die tannies wat roosterkoeke oor die kole gemaak het vir die middagete.
Kragte word gemeet op die netbaalbaan.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’