Jennifer Hartnick van Slangrivier anderkant Heidelberg is Group Editors se ‘Mees Inspirerende Vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo 2010’.
Die SMS-stemme wat gedurende die kompetisietydperk ingestroom het was oorweldigend ten gunste van Jennifer, ‘n dinamiese politikus wat die gemeenskap van Slangrivier reeds sedert 1985 dien.
Jennifer het in 1998 uitgetree as onderwyseres om haar voltyds in die politiek te begewe.
Van 2000 tot 2004 dien sy as raadslid en onderburgemeester van die voormalige Langeberg Munisipaliteit.
Sedert 2006 is Jennifer burgemeesterskomiteelid in die Eden Distriksraad en voorsitter van die portefeuljes Korporatiewe Dienste en Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling.
Sy is verlede jaar tot die Wes-Kaapse provinsiale parlement verkies en dien tans as voorsitter van die portefeuljekomitee vir Onderwys, Sport en Kultuursake.
Jennifer is ook ywerig betrokke by haar kerk, St. Luke’s Anglikaanse Kerk.
Die jeug van die gemeenskap is ‘n saak wat Jennifer baie na aan die hart lê.
Pryse, pryse, pryse!
As vanjaar se ‘Mees Inspirerende Vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo’, wen Jenny die volgende pryse:
-’n Aand vir twee in die Hyatt Regency Oubaai Golf Resort & Spa se presidensiële suite ter waarde van R15 700. Die prys sluit ook ‘n bewys vir aandete en ontbyt in.
-Half-dag spa-pakket vir 2 by The Views Spa ter waarde van R2 400.
-Swarthout plasma-televisie-eenheid (R5500) van Cape Gold Furniture Manufacturers.
-Botlierskop-wildsrit vir 2 ter waarde van R1000.
-Naweek weg vir 2 by die Oakhurst Hotel in George. Waarde: R1990.
-Guess-beursie (R550) van Werner Fourie Oogkundiges, en
-Middagete vir 2 by Café Gannet in Mosselbaai. (Waarde van R200).
As Jennifer se nomineerder, wen Amy Naidoo die volgende pryse:
-Oakley Crosshair-sonbril van Werner Fourie Oogkundiges ter waarde van R1899.
-Naweek weg vir 2 by die Oakhurst Hotel in George. Waarde: R1990.
-Middagete vir 2 by Café Gannet in Mosselbaai. (Waarde van R200).
Finaliste word bederf
Vanjaar se 12 finaliste gaan môremiddag by ‘n baie spesiale teepartytjie by Travel Bugs in George bederf word. Pragtige blomruikers vir elkeen gaan deur Hearts and Roses Wholesale Florists verskaf word.
Moenie volgende week jou gunsteling gemeenskapskoerant misloop vir foto’s van hierdie spesiale geleentheid nie!