GEORGE NUUS - Blanco NG gemeente hou komende Saterdag, 30 Oktober hul gewilde jaarlikse Vleisfees.
'n Totaal van 24 beeste, 19 skape en 2 varke word verwerk vir die fees wat by 4 Brothers Aartappelstoor aangebied word.
Verkope begin om 09:00 en daar sal weer 'n verskeidenheid snitte teen goeie pryse te koop wees. Die gemeente se beroemde Basaarwors sal ook in voorraad wees.
Maalvleis en wors kos R80/kg en steak tussen R110/kg en R150/kg.
Soos laasjaar sal streng Covid-protokol gevolg word.
Die verskeidenheid sluit die beroemde Basaarwors van die gemeente in.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'