Video
GEORGE NUUS - 'n Man het homself lelik misgis toe hy verlede Saterdagoggend omstreeks 04:04 by Spar in Pacaltsdorp ingebreek het.
Op kringtelevisiebeeld-materiaal in die George Herald se besit kan gesien word hoe 'n man homself deur die winkel se plafon te pletter val.
Die man, wat sowat twee ure in die winkel was, het homself bewusteloos geval. Toe hy wakker word het hy opgestaan en hinkepink begin rondstap.
Hy het toe na bewering die agterdeur oopgesluit waarna hy items uit die winkel aan drie vriende, wat buite gewag het, gegee het.
Kyk 'n video hieronder.
Volgens 'n ingeligte bron was die bakker, wat vroeg die oggend by die werk aangekom het, geensins bewus dat daar iemand saam met hom in die winkel was nie.
Teen druktyd Woensdagoggend was niemand nog in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'