GEORGE NUUS - Die polisie ondersoek 'n saak van huisbraak ná 'n verdagte Dinsdagmiddag, 30 April, in 'n huis in Adderleystraat betrap is. Volgens George-polisie se kommunikasie-beampte, kapt. Nolonwabu Tshengu, het die huiseienaar van die werk af teruggekeer toe sy omstreeks 17:20 die man in die huis gekry het.
"Voor hy betrap is, het die verdagte glo gebad, die vrou se klere aangetrek en homself aan drank en katkos gehelp. Met die huiseienaar se aankoms het die verdagte haar met 'n mes gedreig," sê Tshengu.
Die vrou kon na veiligheid vlug waar sy die buurtwag en polisie van die voorval in kennis gestel het. Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.
Teen druktyd was die verdagte se ouderdom en besonderhede rondom sy eerste hofverskyning nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'