Gallery
GEORGE NUUS - Beeste, perde, skape, hoenders, vermaak, stalletjies met heerlike kos, kunswerke en plaasimplimente is alles te sien by hierdie jaar se George Landbouskou.
Vanaand tree kunstenaars soos Michael Lindt, Manie Jackson en Brendon Peyper in die vermaaktent op en môre, die laaste dag van die skou, sal daar weer iets van alles vir almal wees om te geniet, te proe en te sien.
Vanaand se laaste vertoning, met Brendon Peyper, begin om 21:00 en die hekke maak weer môreoggend om 08:00 oop.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'